EntertainmentLatestNews

2de Rata-seisoen staan einde se kant toe

Kinders was Saterdagaand in vervoering en het vasgenael gesit vir die uitverkoopte vertoning van die nar Conc (Clown Conc) in die Royal Arts Town-amfiteater (Rata).

Mense het hul harte en hande oopgemaak om die kinderkaartjies vir die vertoning te borg en tientalle kinders die geleentheid gegee om teater te beleef met The Sole of a Clown.
Conc (Marc Colli) het ‘n uitmuntende vertoning gelewer vir groot en klein en die gehoor geboei in die universele taal van ‘n nar.

*Die volgende inskrywing op die kalender van Rata se tweede somerseisoen is Derek & Guy in Riebeek.
Rata en Die Kerksaal snoer weer kragte saam en bring Derek Gripper en Guy Buttery na Die Kerksaal by Hoofstraat Conceptual.
Derek en Guy, beide internasionaal bekend en voorlopers in die plaaslike musiekwêreld van die akoestiese kitaar, is jarelange vriende. Nadat hulle laat in 2019 saam opgetree het in Kaapstad en dié optrede in 2020 as ‘n album Live in Cape Town uitgereik het, kry dié duo nou vir die eerste keer die geleentheid om die album “te toer”.

Die album word beskryf as ‘n smeltkroes van hul musiek met Suid-Afrikaanse en Oosterse invloede.
Die kort toer behels vier optredes in die Wes-Kaap met met Gripper op klassieke kitaar en Buttery op akoestiese kitaar, sitar en mbira. Hul optrede by Die Kerksaal is op 30 April om 20:00.
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by https://artstown.co.za/events/derek-guy-in-riebeek/

*Rata se huidige somerteaterseisoen word afgesluit met Swan Song op 7 Mei.
Die swanesang is die “pragtige slotlied wat die dood voorafgaan”.
In hierdie monoloog deur aktrise en opkomende skrywer Buhle Ngaba word dit ‘n emansiperende toe-eiening van die self se eie geskiedenis in ‘n erg kwesbare vertoning.
Sy (en gehoor) flikker tussen herinneringe deur die fragmente wat hierdie vrou gemaak het wie sy is.
In ‘n stryd om aanvaarding in die soeke na lewe, liefde en vryheid verloor die swaan sy/haar vere. Tóg vlieg dit hoog.
Kaartjies vir die vertoning om 20:00 kos R120 en is beskikbaar by https://artstown.co.za/events/swan-song/

*Hier is nog ‘n blik op Saterdagaand se vertoning deur Clown Conc.

Leave a Reply

error: Content is protected !!