EntertainmentLatestNews

Swartlander wen debuutprys met ‘Swatland’

Die jong digter Ashwin Arendse van Malmesbury het pas die Universiteit van Johannesburg se letterkundeprys vir sy debuutwerk Swatland losgeslaan.
Arendse (24), ‘n oudleerder van Schoonspruit Sekondêr, deel dié prys met Frederik de Jager (Man op ‘n fiets êrens heen).

Hy het op Malmesbury grootgeword en drama aan die Universiteit Stellenbosch (US) studeer en daarna sy meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan die Rhodes-Universiteit in Makhanda verwerf.
Hy het verlede jaar op 23 gedebuteer met die bundel Swatland wat deur Kwêla Boeke, ‘n druknaam van NB Uitgewers, uitgegee is.
Die gedigte in Swatland speel grotendeels in Malmesbury af. Dit word beskryf as “in die taal wat deur bruin mense hier gepraat word”.
Arendse het verlede jaar aan een van die gesprekke in die Jakes Gerwel-gesprekreeks by die Suidoosterfees deelgeneem.

Op ‘n vraag of hy die Groot Verseboek lees, het hy só geantwoord: “Baie van dit is problematies, ek weet nie watter value ek daaruit gaan kry nie. Wit skrywers in Afrikaans skryf problematiese goed, ek verwyder my van dit. Iemand anders se geskiedenis is daarin opgesluit, ek kan nie daar iets lees wat my inspire nie. Die vriendelike ek, is die censured ek, is my antwoord as mense my dan vra hoekom ek kwaad of onbeskof is. Ek sal ou Engelse letterkunde lees, voor ek Afrikaans lees.
“My writing is die exact opposite van dit, dit is nie my pad om soontoe te gaan nie tensy jy problematic poetry wil skryf.”

Oor dig het hy gesê: “Mense dink dit gebeur in ‘n kamer met sagte musiek. Daar is set ideas soos dat daar ‘n moerse boekrak is in die huis. Ek skryf poetry op die toilet, hierdie product (bundel) is nie wat ek gaan soek het in die literature van 20 of 30 jaar gelede nie. Wat hier staan, is nou. Ek disregard die influence van idees en ideologië wat te oud is. Ek romanticise nie writing nie, ek hou dit vir die nou.

“Ek skryf vir niemand anders as myself nie. Ek sukkel om op een ding te focus, ek sukkel om te onthou, om ‘n gevoel ‘n memory te onthou. Dit is important om dit neer te pen. Ek onthou deur my poetry, dit is selde ‘n outlet. Ek gee nie om of iemand dit lees nie, ek het satisfaction voor iemand daaraan geraak het. Ek skryf vir myself, ek skryf om lekker te kan slaap in die nag.”
Die pryse word later vanjaar oorhandig.

Leave a Reply

error: Content is protected !!