Kom Skink Swartland-wyne op die Weskus
promosie
Weskus hier kom ons!
Jy kry op 7 Mei ‘n unieke geleentheid om saam met produsente van die Swartland se top-wyne saam met watertandlekker-seekos te geniet op die oewer van die Bergrivier by die Laaiplek Hotel op die Weskus.
Dink snoek en patat, seekos-paella en vars harders gebraai oor die kole saam met die Swartlandstreek se uithalerwyne, teen die agtergrond van vissersbote en lewendige musiek.
En ja! Daar sal ook iets te ete wees vir die vleisliefhebber.
Onder die gewilde deelnemende kelders tel Org de Rac, Schenkfontein, Pulpit Rock, Swartland Wynkelder, Riebeek Valley Wine Co, Kloovenburg, City on a Hill, Intellego, AA Badenhorst Family Wines, The Sadie Family Wines, Lammershoek, Wightman & Sons, David & Nadia, Hofstraat Kelder en Leeuwenkuil Family Vineyards.
Skink Swartland (Saterdag 7 Mei vanaf 11:00 tot 17:00) is ‘n pretdag met heerlike tapas-etes en agtergrondmusiek deur plaaslike musikant Louis van Lill.
Daar is nog ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar.
Jou kaartjie sluit ‘n wynglas en 3 tapas-ete-bewyse vir jou tapas-porsies by die kosstalletjies (2 x seekos- en 1 x vleisdis) in.
Bring jou vriende en kom kuier saam.
Koop jou kaartjie vir dié spesiale dag aanlyn deur Quicket https://www.quicket.co.za/events/167109-skink-swartland/#/
Ons sien uit na ‘n wonderlike dag teen die pragtige Weskus. Hoop om jul daar te sien.
*Die Swartland Wyndistrik is een van die grootste wynstreke in Suid-Afrika en strek tot teenaan die Kaapse Weskus.
Laaiplek en Velddrif is deel van die Swartland Wyn van Oorsprong-streek met die naaste wingerde net ‘n klein entjie noord van Velddrif.
Kom proe die Swartland wat die afgelope paar jaar ook internasionaal al meer bekend word vir die uitstekende wyne afkomstig uit die streek.