Olyfoes en die kunste ontsluit op Riebeek
Olywe en die kunste word dié naweek in die Riebeekvallei ontsluit en gevier wanneer dit ook sentraal staan as tema vir die gewilde First Fridays-naweek.
*Art Unlocked is verlede jaar vir die eerste keer gehou en keer dié naweek terug met gratis toegang tot uitstallings en oop studios – meer as 20 kunstenaars; agt groepuitstallings.
Dit is ook tradisioneel die naweek waarop die Olyffees altyd plaasgevind het en, al is daar nie amptelik ‘n olyffees nie, word olywe en olyfolie ook dié naweek gevier met onder meer stalletjies, proeë en olyf-geïnspireerde kos. Die naweek se aanbieding sluit ook die maandelikse kontreimark op die plein in Riebeek-Kasteel in, musiekoptredes, ‘n teaterproduksie by die Royal Arts Town-amfiteater (Rata) asook die maandelikse poësie-byeenkoms Sondag by Rata.
Die kunsspyskaart met Art Unlocked sluit die deelnemende kunstenaars/fotograwe Amy Moses, Christopher Murphy, Garth Meyer, Gordon Williams, Helen Weber, Ilse Erasmus, Ivan Kirstein by Maria, Kevan Moses, Li Nepgen, Lizette Visser, Louisa Gerryts, Madel Fourie, Rudolph Willemse, Sander Mahieu, Sharon Bischoff, Sue Glendinning, Shui-lyn White, Tanya Majo, Verné Jordaan en Wiehan de Jager in.
Art Unlocked se ure is Saterdag 7 Mei van 10:00 tot 17:00 en Sondag 8 Mei van 10:00 tot 16:00. Besoekers kry ook Vrydagaand (6 Mei) ‘n spesiale Art Unlocked-voorskou van 17:00 tot 20:00 om saam te val met die langer handelsure van First Fridays.
*By Rata is daar ‘n spesiale opsie vir Saterdag se vertoning om ‘n vriend/vriendin of jou dogter na die teater te bring vir die vertoning Swan Song. Koop een kaartjie teen halfprys (R60) saam met elke volpryskaartjie (R120).
Ma, bring jou dogter en haar maats teater toe.
Tienerkaartjies kos ook R60.
Die verhaal van volwassewording – die verlies aan liefde en die betekenis van vlerke – vertel deur Buhle Ngaba in haar “brutaal eerlik en kwesbare” eenvrouvertoning. Moenie dié hoogaangeskrewe produksie misloop voordat dit na Europa skuif nie.
Swan Song, Saterdag 7 Mei om 20:00. Bespreek by www.artstown.co.za/events.
*Vrydagaand 20:00 sing Maritza by Jolly Olive.
*Saterdagoggend is daar ‘n Colour Run (5km) van Carnegie House by Meerhof en die kontreimark op Riebeek-Kasteel se plein is vanaf 09:00 tot 13:00.
Kloovenburg vier ook van 09:00 tot 17:00 die olyfoes met kosstalletjies, musiek, olyftoere en wyn- en olyfproeë en vermaak vir die kinders met onder andere springkastele en gesigverf.
Olive Boutique in Kerkstraat bied van 10:00 tot 14:00 ook wyn-, olyfolie- en jenewerproeë aan met heerlike Swartlandse ciabatta, slaai en ander produkte.
Die Ensemble Tropicale tree Saterdag vanaf 15:00 by La Parilla op en daar is ook ‘n musiekoptrede Saterdag vanaf 15:00 by Jolly Olive en ‘n vertoning deur Six Strings of Therapy vanaf 18:00 by The Valley Kitchen, De la Plaine Square.
*Sondag bied Olive Boutique in Kerkstraat weer van 10:00 tot 14:00 hul wyn-, olyfolie- en jenewerproeë aan met heerlike Swartlandse ciabatta, slaai en ander produkte.
Kloovenburg se olyfvieringe met dieselfde aanbieding as Saterdag duur voort (09:00 tot 17:00).
Die nuwe groepuitstalling Achromatica open Sondagoggend om 11:30 by RK Contemporary op Riebeek-Kasteel en Sondagoggend se Poetry Jam by Rata is nou al