Crous weer algehele fotowenner by SFK
Ciszanne Crous van Piketberg het gisteraand vir die tweede agtereenvolgende maand met die louere weggestap op die Swartland Fotografieklub se maandelikse kompetisie.
Crous het, soos verlede maand, met ‘n wildlewe-foto die algehele eerste plek asook die eerste plek vir juniors opgeraap.

Beoordelaar Lesley Parolis het ‘n punt van 28 uit ‘n moontlike 30 aan Crous se monokroom-weninskrywing The Kings Territory toegeken.

Crous het ook, soos verlede maand, die selfoonafdeling gewen met haar foto Sunrise in the Dunes.

Die ander kategoriewenners was:
Afdrukke-wenner: Stanford lake’s overflow deur Theuns Olivier van Tzaneen.

Tema(portrette)- en senior wenner: Behind The Shroud deur Peter Hardcastle van Malmesbury.

Ope kleur-wenner: Struisbaai se skuite deur Theuns Olivier van Tzaneen.

Hier is die ander foto’s wat 24 punte (80%) en meer verwerf het.






Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand in die keldersaal van die Swartland-Noord NG-kerk in Bergzichtstraat, Malmesbury.
Een van die hoogtepunte op die jaarkalender is die klub se multidissiplinêre werkwinkel op 23 Julie. Die dag se program sluit vier werkwinkels (makrofotogafie, landskap/astrofotografie, Photoshop/kreatiewe fotografie en fotografie met ‘n ligbron los van die kamera af) in.

Dit kos R200 en sluit ligte verversings en middagete in. Belangstellendes kan die voorsitter, Peter Hardcastle by 083 628 9668 kontak met enige navrae, ook oor die klub se ander werksaamhede.
Die klub het ook in Augustus vanjaar naweekuitstappie om see-, landskap en blommefoto’s te neem.