CommunityLatest

Oudredaksielid oorhandig sleutel aan museum

Die Malmesbury Polisiestasie was vroeër jare op die hoek van Truter- en Voortrekkerstraat. Dit het later die kommando en ook die kantore van die Swartland Monitor gehuisves.


Die dubbelverdieping-gebou is steeds daar en onlangs weer oorgeverf.

In die 1990’s het die Swartland Monitor aan Cobus van der Merwe behoort en Maryke Roberts was een van die verslaggewers.
Sy vertel dat ‘n eiendomsagent destyds een van die aanklagkantoor se duplikaatsleutels uit die tyd toe dit nog polisiestasie was, opgediep en aan haar as geskenk gegee, omdat sy baie lief is vir geskiedenis.

Die sluitel kom uit die tyd toe daar nog op grond van ras verskillende aanklagkantore was. Dié sleutel had die verweerde naamkaartjie: Non European Charge Office.

Maryke Roberts (links) en Kathy Hicken.

Roberts, deesdae ‘n reis- en leefstylskrywer, het die sleutel destyds laat raam en dit verlede week op bruikleen aan die kurator by Malmesbury Museum, Kathy Hicken, oorhandig vir uitstalling.

Leave a Reply

error: Content is protected !!