Agri/Business

Kanola is 6 weke laat – Lesch

Die grane in die Swartland is laat en dit gaan beslis ‘n wesenlike invloed op produksie hê.
Só sê Dirk Lesch van die plaas Elim tussen Malmesbury en die Riebeeksrivier.

“Ons kanola in die Swartland is nou gemiddeld 6 weke agter en die koring so 4 weke,” sê hy.
“Onthou dit gaan dieselfde tyd ryp wees. Ons gaan steeds in Oktober en November oes. En daarom gaan dit die opbrengs per hektaar baie nadelig beïnvloed.”

Dirk Lesch

Lesch, bekend as ‘n bewaringsboer en veral ook vir sy suksesse met kanola, sê die gemiddelde opbrengs van kanola in die Swartland is sowat twee ton per hektaar.
“Met die huidige situasie voorspel ek dat die opbrengs ongeveer 30% laer kan wees.”
Hy sê die graanproduksie sal ook af wees.

Oor die pryse sê hy dit wissel baie, maar kan in ‘n kort tydjie groot spronge maak. “Daarom kan jy beslis net op minimum-prys teken en gewis nie op finale prys nie.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!