Entertainment

Olivier neem wenner; klub hou fotowerkwinkel

‘n Temafoto van Herman Olivier van Malmesbury het hom die louere laat inoes op die Swartland Fotografieklub se sosiale Julie-vergadering.
Die klub se maandtema was lang beligting (“long exposure”) en Olivier het dié afdeling, die senior afdeling asook die algehele kompetisie gewen met sy foto getiteld Healing waters.

Tema-, Senior en aandwenner – Healing waters ©Herman Olivier

Die beoordelaar vir die maand was Steff Hughes. In die afdeling vir afdrukke het Theuns Olivier van Tzaneen die beste punte behaal vir sy foto getiteld Always watch your back.

Afdruk-wenner – Always watch your back ©Theuns Olivier

Die junior afdeling is gewen deur Ciszanne Crous van Piketberg met haar foto Zebra Foal in the late evening. Dit was ook die wenner in die Ope (Kleur)-afdeling.

Ope Kleur en Junior wenner – Zebra Foal in the late evening ©Ciszanne Crous

Shaun de Greef se Klei Lat het aan hom die die eerste plek in die afdeling vir monokroom-foto’s besorg en Peter Hardcastle van Malmesbury het die selfoonafdeling gewen met sy foto After the rain.

Monokroomwenner – Klei Lat © Shaun de Greeff
Selfoonwenner – After the rain©Peter Hardcastle

Hardcastle, ook die voorsitter van die Swartland Fotografieklub, het onlangs sy DPSSA-gradering van die PSSA (Fotografievereniging van Suid-Afrika) ontvang en is ook vandeesmaand as een van PSSA se nasionale direkteure aangewys.

Die klub bied op 23 Julie ‘n spesiale fotografiewerkwinkel met top-aanbieders en ‘n spesiale tarief aan. Die werkwinkel word oor vier bene aangebied. Elke been word vier keer herhaal sodat almal al vier afdelings – Kreatief/Photoshop; Landskap/Astro; Makro en Beligting los van die kamera – kan bywoon.
Die voldagwerkwinkel in die saal van die NG Kerk Swartland-Noord in Bergzichtstraat, Malmesbury begin om 08:00. Die koste beloop R200 per persoon en dit sluit ligte verversings en middagete in.
Bespreek by peter@studio4.co.za

Hier is ‘n paar van die ander foto’s wat by die klub se Julie-byeenkoms 80% en meer verwerf het.

Dreamy Beach ©Adriaan Vlok
Tranquility ©Peter Hardcastle
Shades of Sunset ©Peter Hardcastle
African Wild Cat ©Peter Hardcastle
Bokomlaan sekuriteit ©Herman Olivier

Die klub se volgende maandbyeenkoms is op 11 Augustus met Sonsopkoms en Sonsondergang as tema.
Vir enige navrae oor die klub se aktiwiteite, program vir die jaar of om aan te sluit, skakel Hardcastle by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!