Schools

Jordaan prys nuwe generasie-inisiatief

‘n Nuwe tradisie het begin by die Hoërskool Swartland waar daar verlede week vir die eerste keer erkenning gegee is aan generasies.

Daar is tientalle gesinne waarvan nou reeds die tweede tot vyfde generasie trotse Rockies is en dié leerders het by ‘n spesiale geleentheid generasiebalkies ontvang na gelang van die generasie.

Die ses Rockies wat tans in die skool is en vyfde generasies verteenwoordig, staan hier saam met hul ouers en die skoolhoof, Justus Schoonraad, en oud-skoolhoof Gary Jordaan, wat die generasiebalkies oorhandig het.
Van links is Wilhelm Groenwald, Cornelle Groenewald, Inus Groenewald, CJ van Aarde, Gielie van Aarde, Elizma van Aarde, Marlena Walters (voor), Justus Schoonraad (skoolhoof, agter), Bertie Walters, Carien Walters, Selma Walters, Dolfie Walters, Eldi Walters, Daniël Walters, Hendré Walters en Gary Jordaan (oud-skoolhoof).

Die skoolterrein/gebou van die Hoërskool Swartland het voorheen die “Hogerschool voor Jongens” (later Die Hoër Jongenskool genoem) gehuisves en die huidige Laerskool Swartland-terrein/Gebou het toe die Hoër Meisieskool gehuisves.
Later was hulle saam die Hoërskool Malmesbury en toe het die naam Hoërskool Swartland gevolg.

Oud-skoolhoof Gary Jordaan het verlede week die eers generasiebalkies oorhandig en die huidige hoof, personeel en beheerliggaam geprys vir “dié wonderlike inisiatief”.

Leave a Reply

error: Content is protected !!