CommunityEntertainmentFEATURED

Jeugkuns blom op Kalbaskraal

‘n Groot groep jong inwoners van Kalbaskraal het aan ‘n kinderkunskompetisie deelgeneem en die beoordeling en prysuitdeling het vandag plaasgevind.
Die organiseerders, Maryke Mesecke en Michelle Porter, sê hulle was verras oor die aantal inskrywings wat hul verwagtinge oortref het.

Dit was duidelik dat die meer as 60 deelnemers nie net baie talentvol is nie, maar dit ook geniet het om hulle uiteenlopende kuns te maak vir die Perfectly Imperfect-jeugkunskompetisie.

Die tema van die kompetisie was Kalbaskraal en die jong kunstenaars het in vier afdelings meegeding met hul werke – almal A3-grootte.

Drie beoordelaars uit die gemeenskap – Henry Haas, Jade Paterson en Mark Moore – het ‘n groot taak gehad om uiteindelik die wenners aan te wys.
In die afdeling vir Gr.1 tot Gr.3 het Henrico Marthinus (Gr.1) die eerste plek gekry.

Beoordelaar Henry Haas
Beoordelaar Jade Paterson
Beoordelaar Mark Moore

Alfano Toontjies (Gr.6) was die wenner in die afdeling vir Gr.4 tot Gr.7 en Kelly Pekeur (Gr.8) het die eerste plek opgeraap in die afdeling vir kunstenaars van Gr.8 tot Gr.12.

Maryke Mesecke en Michelle Porter het die kunskompetisie geloods.

In die Ope-afdeling het Kaylin Snell die eerste plek verower.

Stephen Mesecke het die verrigtinge afgesluit en die hoop uitgespreek dat dié kompetisie in die toekoms van krag tot krag sal gaan en ‘n groot impak op die jeug van Kalbaskraal sal hê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!