Entertainment

Herman Olivier wen met Edelvalk-foto

Soos die laaste klompie maande was daar weer sterk mededinging en goeie foto’s uit die geledere van die junior lede van die Swartland Fotografieklub op vandeesmaand se fotografiebyeenkoms.

Herman Olivier, een van die klub se meesterfotograwe, het egter wel die algehele November-kompetisie gewen met sy senior wenfoto van ‘n edelvalk in aksie (Lanner Falcon in Action) wat hy op sy onlangse besoek aan die Kgalagadi Oorgrenspark geneem het.

Senior en algehele wenner – Lanner Falcon in Action©Herman Olivier

Olivier sê “jy gaan nie sommer maklik so ‘n foto geneem kry nie. Dit was my eerste keer in die Kgalagadi en was ek bevoorreg om dit te kon beleef en deel met my pa en oudste broer.
“Dit is ‘n ander wêreld. Andre en Leney Stipp van die Paarl Fotografieklub het die toer gereel en was dit vir my ‘n ongelooflike ervaring.
“Met die hulp van Christo Giliomee het ons die regte verstellings gekry om hierdie Edelvalkies te kon vasvang soos wat hulle blitsvinnig die Rooibekkweleas vang. Dit was ‘n groot uitdaging en met die valk wat teen die spoed van wit lig sy prooi vang, nie maklik om die fokus reg te kry nie. Dit was ongelooflik, nie net om die derduisende voëltjies te sien hoe hulle saamswerm (“safety by numbers”) nie, maar ook hoe effektief die valk jag.” Die foto het Olivier met ‘n Nikon D500-kamera en AF-S Nikkor 400mm f/2.8 lens geneem. Op 400mm was dit die ekwivalent van 600mm met ‘n f4-lensopening teen ‘n sluiterspoed van 1/8000 van ‘n sekonde en ‘n ISO van 200.

Temawenner (argitektuur) – Somewhere over the rainbow ©Antoinette Muller
Afdrukkewenner – Waar is daai haas ©Antoinette Muller

Die ander vyf wenfoto’s is vandeesmaand deur twee junior fotograwe van Eendekuil en Piketberg ingeskryf. Antoinette Muller het die tema-afdeling vir die maand (argitektuur) ingepalm met haar werk Somewhere over the rainbow en ook die afdeling vir afdrukke gewen met haar foto Waar is daai haas.

Selfoonwenner – Magnificent Baobab Tree ©Ciszanne Crous
Ope monokroom- en junior wenner – Tango 5 ©Ciszanne Crous
Ope kleurafdeling – The window to the soul ©Ciszanne Crous

Een van die klub se ander junior fotograwe wat haar waarskynlik binnekort by die senior geledere kan aansluit, Ciszanne Crous van Piketberg, het haar goeie vertoning van die hele jaar voortgesit en drie wenplekke opgeraap – Magnificent Baobab Tree (Selfoonafdeling), Tango 5 (ope monokroom-afdeling en ook junior wenner) en The window to the soul (ope kleur-afdeling).

Van die klub se eie lede, Adriaan Vlok, Lucas Olivier en Noddy Schutte, het vandeesmaand die beoordeling behartig. Hier volg ‘n paar van die ander foto’s wat goeie punte behaal het.

Exploding Color ©Lucas Olivier
Tango ©Ciszanne Crous
Kom bietjie nader liefie ©Soreen Gouws
The long road home ©Ciszanne Crous
Walking in God’s Grace ©Peter Hardcastle
another hole in the wall ©Adriaan Vlok
Swallow-tailed bee-eaters ©Herman Olivier
Silo unplugged ©Noddy Schutte

Die klub se volgende maandbyeenkoms is op 8 Desember. Dit is ook die jaarvergadering en die jaarlikse prysuitdeling en vind weer op Piketberg plaas.
Vir enige navrae oor die klub se aktiwiteite, program vir die jaar of om aan te sluit, skakel Hardcastle by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!