EntertainmentNews

Rens se unieke rommelkuns op uitstalling

Hy het in die vallei gekom en wanneer hy rommel in die strate teëgekom het, dit begin huis toe neem.
Toe begin hy om ‘n kandelaar uit die rommel te maak. Dit was ‘n uitdagende proses om onder andere klein bruikbare vorms uit die afval te sny en te knip.

Maar toe volg ‘n tweede en derde en nou… nou het Nico Rens se eerste uitstalling van rommelligte, Trashlights, gisteraand by die For Life-sentrum op Riebeek-Wes geopen.

Rens, wat deesdae, ná gesondheidsterugslae, as remediërende masseringterapeut praktiseer, het argitektuur en ontwerp studeer.
Dit is met hierdie agtergrond wat sy werk gestalte kry.

Meer en meer kandelare het begin vorm aanneem en Rens het die gemeenskap begin betrek om rommel te verskaf en later ook sy vaardighede met mede-inwoners begin deel.

Dit het nou ‘n gemeenskapsprojek ook geword waar inwoners hul kunstalente kan uitleef.

Een van die gemeenskapsleiers en munisipale raadslid in Riebeek-Wes, Nicolene Smit, het Rens bedank vir sy bydrae in die gemeenskap.
“Dit help en wys dat daar selfs uit die rommel iets goed kan kom.”

Rens hoop dié ontwikkelingsprojek kan uitkring om ‘n groot impak op meer en meer gemeenskappe te hê.
Die Trashlights-uitstalling is gisteraand deur Tamzin Lovell Miller geopen.

Nico Rens, Tamzin Lovell Miller en Mark Graham-Wilson (direkteur van die For Life-sentrum op Riebeek-Wes)

“Toe ek sy werk die eerste keer sien, het die wonderlike, fantastiese kleurvolle aard daarvan my getref. Dit het my herinner aan my kinderdae en die werke van Dr. Seuss.

Vir die opening van die uitstalling het sy aangehaal uit Oh, the Places You’ll Go! van Dr. Seuss.
“Congratulations!
Today is your day.
You’re off to Great Places!
You’re off and away!”

Die uitstalling duur tot môre.

Leave a Reply

error: Content is protected !!