LatestNews

Weskus en Swartland verwelkom besoekers

Die Weskus en Swartland se toerismeliggame het met die aanvang van die vakansieseisoen besoekers aan die streek met ‘n Voel Welkom aan die Weskus-veldtog ontvang.

In samewerking met Weskus Rampbestuur het die toerismestrukture by die Primasentrum op Malmesbury verwelkominggeskenksakkies aan motoriste uitgedeel.

Die uitvoerende burgemeesters, raadshere Boffie Strydom (naaslinks) en Harold Cleophas (heel regs) heet ‘n motoris op die rybaan welkom. Saam met hulle is Heinrich Robertson van die WKDM en raasdslid Colin Daniels.

Die uitvoerende burgemeesters van die Weskus Distriksmunisipaliteit en die Swartland, raadshere Boffie Strydom en Harold Cleophas, het saam met ander raadslede en toerismebeamptes die besoekers van provinsies soos die Noord-Kaap, Gauteng en die Vrystaat welkom geheet.

Melonese Raman van Weskus Toerisme en die Swartland se onderburgemeester, Anet de Beer, het ook besoekers verwelkom.
Sonja Philander van Swartland Toerisme het besoekers aan die streek ook vriendelik welkom geheet.

“Die Weskus is ‘n voorkeurvakansiebestemming vir plaaslike en internasionale toeriste. Dit is veral oor die feestyd wanneer ons streek ‘n toestroming van besoekers ervaar wat almal die unieke Weskusaanbiedinge en ons hartlike gasvryheid wil ervaar,” luidens ‘n gesamentlike persverklaring.

Raadsheer Boffie Strydom het dié motorfietsryer met ‘n geskenkpakkie verras.

“Ons fokus hierdie jaar val op toerismeveiligheid, padveiligheid, brandbewustheid, spaar water hierdie somer en wat die Weskus bied – wat daar is om te doen op die Weskus.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!