LatestNews

Voëlvleidam 34 punte laer as in 2021

57,5% Laagste Desembervlak sedert 2017

Die vlak van die Voëlvleidam, die Swartland se hoofdrinkwaterbron, was gister, ná ‘n relatief droë jaar, op 57,5% teenoor 91,9% verlede jaar dieselfde tyd.

Ook die Wes-Kaap se grootste dam, die Theewaterskloofdam is tans op 67,2% bykans 30 punte laer as dieselfde tyd verlede jaar (97%).
Volgens die Stad Kaapstad se syfers was daar gister 633 837 megaliter water in al sy vernaamse voorsieningsdamme saam. Dit is 70,6 persent van die totale opgaarkapasiteit.

Dié syfer het ‘n jaar gelede op 95,1 persent gestaan.
Dit is steeds meer as dubbeld die lae 34% van Desember 2017 en selfs laer vlakke van vroeër.

Leave a Reply

error: Content is protected !!