CommunityEntertainmentFEATURED

Smuts-geboortemuseum nou weer oop

Ná ‘n onderbreking ‘n paar maande kort van drie jaar, kon die Smuts Geboortehuis en uitstallings buite Riebeek-Wes onlangs weer geopen word.

Jan Smuts was die tweede seun van Jacobus A. Smuts en Catharina P. G. de Vries. Hy het dus soos die gebruik was die name van sy oupa aan moederskant (Jan Christiaan de Vries) gekry en was dus die eerste Jan Christiaan Smuts.

Dié bekende staatsman, akademikus en militaris is op 24 Mei 1870 op die plaas Ongegund buite Riebeek-Wes gebore.
Smuts se ma het aanvanklik op die plaas vir hom skoolgegee in die een buitevertrek.

Die geboorteplaas behoort reeds dekades aan PPC. Die grasdakhuis en buitegeboue op die boonste gedeelte van die ploaas is gerestoureer en as nasionale monument op 20 Mei 1986 ingewy.

Toe die museum verlede jaar ná die Covid19-pandemie weer kon heropen, is daar ontdek daar was dakinsakkingskade wat eers herstel moes word vir veiligheid.

Die een uitstalling met ‘n groot aantal foto’s oor die lewe van Smuts, later ‘n veldmaarskalk, is tydelik na die voormanshuis geskuif waar dit tans besigtig kan word.
Die Smuts Geboortehuismuseum is tans weer oop op Woensdae, Vrydae en Saterdae.

Daar is wel ‘n aanpassing in die toegangsroete. Besoekers moet nou buite die hoofhek van PPC parkeer en met ‘n voetpad instap na die museumterrein.

Leave a Reply

error: Content is protected !!