Entertainment

Slegs 1 solokonsert in SA – Akkerman in die Swartland

Die Nederlandse sanger-liedjieskrywer Tim Akkerman het aanvanklik bekend geword as hoofsanger en kitaarspeler van die groep Di-rect van Den Haag. Hy het later ‘n baie suksesvolle sololoopbaan begin en hierdie naweek kom tree hy in die Swartland op.

Hy het verskeie albums vrygestel en het wyd in Europa en die VSA getoer.
Slegs een konsert in Suid-Afrika en wel by die Royal Arts Town-amfiteater op Riebeek-Kasteel.

Met ‘n groot aantal liedjies waaronder talle Top-10-treffers, sê Akkerman hy is “opgewonde om in die Swartland te kom optree”.
Hy sê hy en die lede van sy groep The Ivy League hou daarvan om die gehoor op hul voete te kry met ‘n hoë-energievertoning.

Akkerman voeg by dat hy “uitsien daarna om die aand ‘n onvergeetlike een te maak met musiek, liefde en herinneringe”.
Hy sal van sy gewildste treffers sowel as ‘n paar nuwe werke op dié solobuitelugkonsert in die Riebeekvallei sing.
https://fb.watch/j5I1VKhpZA/

Tim Akkerman
11 Maart
Royal Arts Town-amfiteater
19:00
R250
(Deure open om 18:00 en die vertoning begin om 19:00.)

Kaartjies:
https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1525468365
Piekniekmandjies is ook beskikbaar . Gevul met ‘n verskeidenheid tuisgemaakte produkte @ R195 vir twee persone. (Slegs voorafbesprekings op dieselfde webwerf)

– Bring jou eie kombers.
Daar is ook spesiale BBP- en Platinum-pakette beskikbaar: 022 448 1378

Leave a Reply

error: Content is protected !!