‘Impak van veligheidsprojek wyd sigbaar’
Die impak van die veldtog om die gemeenskap opnuut oor gemeenskapsveiligheid bewus te maak, kan regdeur die streek gesien word.
Só sê raadslid Joos Engelbrecht van die Weskus Distriksmunisipaliteit in ‘n verklaring oor die aksies wat oor die Paasnaweek op verskeie plekke plaasgevind het.

“Die geïntegreerde koördinering wat oor die Paastyd gedoen is, spreek van die gesamentlike pogings waartoe alle rolspelers verbind is.”
As deel van die veldtog het personeel van die munisipaliteit se rampbestuursentrum die projek op die onderskeie punte regoor die distrik ondersteun en beman.
Die veldtog het bewusmakingspunte op die Weskuspad asook die N7 ingesluit asook die uitdeel van geskenke en sagte speelgoed in die gemeenskap en ‘n kindersaal in die Vredenburg-hospitaal.

Die projek maak deel uit van die munisipaliteit se gemeenskapsveiligheidstrategie om ‘n risikovermydingskultuur te kweek en om veiliger omgewings vir almal te skep, aldus die verklaring.