Kunste op Riebeek weer ontsluit met Art Unlocked
Die Riebeekvallei het die laaste klomp jare al hoe bekender geword as ‘n plek van kuns.
Vandaar ook die Arts Town-konsep wat ‘n paar jaar gelede van stapel gestuur is.
‘n Groeiende groep kunstenaars wat ‘n verskeidenheid van media vir hul kuns gebruik, vestig in die vallei met die gevolg dat dit ook in gewildheid toeneem as kunsbestemming vir kunsliefhebbers.
Die komende naweek span ‘n klompie kunstenaars weer saam om Art Unlocked aan te bied met 10 venues en meer as 20 kunstenaars wat hul kuns sal uitstal.
Plaaslike kunstenaars se werke sal Saterdag (22 April) en Sondag (23 April) van 10:00 tot 16:00 op uitstalling wees in lokale op Riebeek-Kasteel.
Daar is ook bestaande kunsgalerye waar van die werk te sien sal wees.
Toegang is gratis.
Die galerye en kunstenaars wat aan Art Unlocked deelneem, is:
Amy Moses, Chelsea Henning, Chris Murphy, Gallery 7 on Plein, Garth Meyer, Gordon Williams,
Greta McMahon, Helen Weber, Ivan Kirstein, Karen Stander, Kevan Moses, Liz McQueen, Lizette Visser, Louis Nel, Louisa Gerryts, Môi-galery, Pieter Van Der Merwe, Rudolf Willemse, Tanja Majo en Wiehan de Jarger.
Sien kaart hieronder vir die onderskeie lokale waar die uitmuntende kuns besigtig kan word.