1735 honde-inskrywings by skoue op Malmesbury
Alle hondepaaie lei dié naweek na Malmesbury met vyf hondeskoue wat van vandag tot Sondag op die Malmesbury skougronde plaasvind.
Beoordelaars het ook van oorsee gereis vir die twee internasionale skoue van die Fédération Cynologique Internationale wat deel uitmaak van die naweek se kompetisies van die Swartland en Weskus Kennelklubs.
Daar is in totaal 1735 inskrywings vir die naweek en die eerste skou begin reeds vanoggend.
Sondagmiddag sal die bestes uit elke afdeling van elke skou teen mekaar meeding om die algehele titel van die Grootkampioen.