CommunityGeneral

Jong kunstenaars woel vir ‘Small Works’ by Solo Studios

Al lê die winter voor, is die Riebeekvallei weer stelselmatig besig om haar vere reg te skud vir een van die hoogtepunte op dié kunsmekka se jaarlikse kalender.
Augustus is nou al die laaste klompie jare Solo Studios-maand in die Swartland en vanjaar is geen uitsondering nie. Solo Studios vind weer van 18 tot 20 Augustus in die vallei plaas.

‘n Groot verskeidenheid werke van top-kunstenaars word jaarliks in solo- en groepuitstalling uitgestal. Van keramiekkuns tot fotografie, musiek – en die kuns van kos en wyn is ook weer op die spyskaart.
Die Klipkind, Andries Dirks, is een van die deelnemende studio-kunstenaars, maar hy woel nie net met sy eie kuns nie.

Jong kunstenaars kliphard aan die werk onder die wakende oog van Andries Dirks.

Dirks en Zani Brits het koppe bymekaar gesit en vanjaar het hulle ‘n spesiale projek aangepak om jong plaaslike talent te help ontgin (maar volwassenes is ook welkom) en dié kunstenaars se beste werke dan uit te stal by Gallery 7 on Plein as deel van die uitstalling Small Works.
Dié galery, wat ‘n paar jaar gelede deur die toerisme-organisasie geopen is, bied ‘n veilige uitstalruimte aan geselekteerde opkomende plaaslike kunstenaars.

Leave a Reply

error: Content is protected !!