Latest

Voëlvlei sak effe – tans op 40,3%

Die watervlak van die Voëlvleidam, die Swartland se vernaamste drinkwaterbron, het die laaste week effe gedaal en is steeds 18 persent laer as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Met die vlak wat volgens die Stad Kaapstad se lesing vandag op 40,3% staan, is dit die laagste vlak wat die dam op die ooreenstemmende tyd is sedert 2018 toe Dag Zero gedreig het.
Die vlak van die Voëlvleidam was toe aansienlik laer op 14,25%.

Volgens die jongste syfers is die totale inhoud van die vernaamste damme wat water aan Kaapstad verleen wel aansienlik hoër op 61,4% met Theewaterskloof op 58,5%.
Die vlakke van die ander vernaamste damme is: Bergrivier 86,4%, Benede-Steenbras 54,9%, Bo-Steenbras 97,2% en Wemmershoek 72,9%.

Leave a Reply

error: Content is protected !!