News

N7-opgraderings omtrent halfpad

Bouwerk aan die opgradering van die N7 tussen die R45-wisselaar en Moorreesburg sal na verwagting in Desember 2024 voltooi word.
Die R569 miljoen-projek strek oor 26,4km en dra volgens die padowerheid ‘n geraamde 5 218 voertuie per dag in beide rigtings. Hiervan is ‘n raps meer as 20% swaarvoertuie.

Die opgradering sluit verbeterings in in die vorm van bykomende klim-/verbybane, verbreding sowel as skouerherbouings en -versterking.
Die verbeteringskontrak is in 2021 aan Martin & East toegeken en die duur is 39 maande.


Die nasionale minister van vervoer, Sindisiwe Chikunge (naaslinks), het die terrein onlangs besoek. Hier gesels Sanral-projekbestuurder Petronella Theron met haar oor die stand van die projek.

Volgens Sanral het die kontrak ‘n plaaslike arbeidskontrakdeelnamedoelwit (CPG) van 8%. Dit sal meebring dat ‘n minimum van R45,5 miljoen aan plaaslike arbeid in lone en salarisse betaal word.

Die padagentskap sê met ‘n onlangse opname was daar 250 plaaslike persone in diens op die konstruksieterrein en is die ekwivalent van 74 voltydse werksgeleenthede tot op hede geskep.
Volgens die kontrak moet daar ook ‘n minimum van 30% subkontraktering op die projek wees. Dit verteenwoordig ‘n bedrag wat gelykstaande is aan ongeveer R170 miljoen.

“Teen die einde van Maart 2023 is R75,8 miljoen aan 16 geteikende klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s) en R8,9 miljoen se lone aan geteikende arbeid betaal.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!