CommunityFEATURED

Duvenage praat by Dream Again Foundation

Vrywilligers van die Riebeekvallei het ‘n paar jaar gelede ‘n groep op die been gebring om jong skoolgaande meisies van plase in die omgewing te help om weer te droom.

Die Dream Again Foundation onder leiding van Marilie Theron hou maandeliks op ‘n Vrydagaand byeenkomste vir ongeveer 20 kinders en onderneem ook soms uitstappies om die meisies ekstra blootstelling te gee en te inspireer vir die lewe wat wag.
By die afgelope Vrydagaand se byeenkoms het die wetenskapjoernalis en skrywer Engela Duvenage met die kinders gesels.

Duvenage is die skrywer van die boek Uitvinders, Planmakers en ander Slimkoppe van Suid-Afrika. Sy het met die kinders gesels oor wetenskap en wetenskaplikes van Suid-Afrika.

Sy het ook gesels oor van die interessante wetenskaplikes oor wie sy al in haar loopbaan as wetenskapjoernalis geskryf het.
Dream Again Foundation word befonds deur skenkings.
Besoek gerus hul Instagram-blad.

Leave a Reply

error: Content is protected !!