LatestSchoolsSports

Rockies XI ja(a)g nou vyfkuns

Die Hoërskool Swartland se krieketspanne speel dié week interskole teen die Blackies van Wellington.
Swartland se eerstespan is goed op dreef en beleef ‘n uitstekende seisoen en mik om Saterdag voort te bou op die laaste vier jaar se agtereenvolgende interskoleseges oor Hugenote.

Mike Steyn, kriekethoof by die skool, sê hulle is opgewonde oor wat reeds die laaste paar jaar met krieket by die skool gebeur en om ook te sien hoe die spelers ontwikkel. Hy sê hulle probeer om vir die spelers meer speeltyd te bied met meer week- en naweekwedstryde en dit werp ook vrugte af.
Die eerstespan het tot dusver die seisoen al hul ligawedstryde gewen en Saterdag ‘n kragvertoning teen Dirkie Uys gelewer.
Pieter Hanekom het in die warm weer op tuisbodem ‘n rekord 170 (n.u.n.) lopies aangeteken om by te dra tot sy span se 450 lopies en klinkende oorwinning met 391 lopies.

Juriaan Schreuder het net 21 balle nodig gehad om 73 (n.u.n.) aan te teken.
Hanekom en sy kolfmaat, Matthew Ferreira, het ‘n allemintige vennootskap van 284 lopies op die telbord geplaas.
Ferreira het ook 3 paaltjies geneem terwyl Du Preez Erasmus behoorlik onder die opponente se kolwers ingeklim en 5 paaltjies laat kantel het.
Die ander suksesse tot dusver die seisoen het ook ‘n oorwinning met 85 lopies oor die sterk span van Charlie Hofmeyr ingesluit.
Steyn sê die ouers is ‘n “ongelooflike bron van ondersteuning” wat ‘n groot verskil maak en ‘n groot rol gespeel in die opwaartse kurwe wat krieket by die skool beleef.
“Ons het tans vier vol spanne en die spelers moet, anders as voorheen, nou kompeteer om ‘n plek in die spanne.”
Die eerstespan se hoofafrigter is Melvin Garisch bygestaan deur ‘n paar ouers.
Saterdag se kragmeting teen Hugenote is weg en skop om 09:00. Dit is ‘n 50-boulbeurtwedstryd.

Die o.15A-wedstryd vind reeds Vrydag by Swartland plaas en begin om 10:00 voor die skool. Die kragmeting word ook oor 50 boulbeurte elk beslis.
Steyn en se kollega Marius de Jager is die afrigters van die o.15-spanne.
Vanaand pak die twee skole se oudleerders mekaar vir die eerste keer op Wellington. Steyn sê hul oorweeg dit om van aanstaande jaar af twee oudleerderwedstryde in te stel.
Môremiddag om 15:00 speel die o.19B- en o.15B-spanne onderskeidelik weg en tuis.
Die res van Swartland se seisoen sluit nog wedstryde teen Drostdy en Paarlvallei in.

Leave a Reply

error: Content is protected !!