Rugbyklubs maak gereed vir ligaseisoen
Die eerste ernstige salvo’s vir 2025 in Swartlandse klubrugbygeledere is die afgelope naweek afgevuur toe die streek se spanne mekaar op Darling om die Burgemeesterstrofee gepak het.
Dit is vroeg reeds duidelik dat geen spanne vanjaar in die Boland se onderskeie ligas op hul louere kan rus nie.

Wesbank het Saterdag in die naelbyteindstryd om die trofee verlede jaar se kampioen, Abbotsdale, met 16-14 met geklop.
Laasgenoemde het in die halfeindronde vir Darling uitgeskakel (17-3) terwyl die nuwe kampioen in hul halfeindstryd ekstra tyd nodig gehad het om Good Hopes met 10-7 te klop.
In die eindstryd van die plaatkompetisie het Coronations vir Young Tigers met 10-0 geklop.
Daar was ook ‘n vrouerugby-kompetisie waar die span van Mamre vir Malmesbury Daisies om die trofee geklop het.
In afdeling A van die netbalkompetisie was die span van Darling in die eindstryd te sterk vir Moorreesburg en palm die trofee in met ‘n sege van 30-20.
Die B-afdeling is deur Malmesbury Score gewen.

Die Boland Rugbyunie het intussen die voorlopige bepalings vir die provinsie se onderskeie klubrugbyligas bekend gemaak.
Die ligas skop op 8 Maart af.
In die Swartland-afdeling van die Grootuitdaag pak (tuisspanne eerste) mekaar volgens die voorlopige bepalings soos volg:
Abbotsdale vs Voorberg
Darling vs Villagers Wittewater
Porterville vs Riebeeck United
Wesbank vs Saron
Moorreesburg vs Never Despair
Good Hopes vs Mamre.

In die Weskus-afdeling van die Grootuitdaag pak (tuisspanne eerste) mekaar volgens die voorlopige bepalings soos volg:
Vredenburg vs Goedverwacht
Saldanha vs Piketberg
St Helena vs Steenberg C
Paternoster vs Langebaan
Hopefield vs Velddrif
Y Hearts (los)

In die SwartWeskus-afdeling van die Streekuitdaag pak (tuisspanne eerste) mekaar volgens die voorlopige bepalings soos volg:
Flying Eagles vs Malmesbury
Coronations vs Universals
Koringberg vs Young Tigers
Saldanha T vs Mountain E
Zebras vs Young Eagles
Broodkraal (loslootjie)

In die Gemeenskapskild (Sentraal) sê (tuisspanne eerste) mekaar volgens die voorlopige bepalings soos volg die stryd aan:
Soetendal vs Cloetesville
Porseleinberg vs La Motte
Try Again vs Y Stars
Y Super Stars vs Wemmershoek
White Spirits vs Spartans