MRB Sakekamer omarm ‘2020 Thrive’
2025 staan bekend as die jaar om te floreer (“Thrive – 202Thrive”) en “dit is wat Moorreesburg Sakekamer vanjaar wil bereik met ons eie unieke tema vir die jaar”.
Só verduidelik die bestuur in ‘n persvrystelling.
“Own it, Shape it, Live it”

“Stel jou voor…’n Moorreesburg waar elke inwoner en elke besigheid/instansie bydra tot die groei van ons gemeenskap.
“‘n Plek waar ons, ons toekoms in eie hande neem, ons plaaslike ekonomie vorm en ons waardes van samewerking en vooruitgang leef.
“Dit is ons visie vir 2025. ‘n Moorreesburg waar ons almal werklik kan sê: ‘Ons het dit saam gebou.’

“As Sakekamer kan ons nie ons doel bereik, sonder elke inwoner, besigheid/instansie se hulp nie.”
“Dit is nie die Sakekamer se tema nie, dis Moorreesburg se tema om van eienaarskap en aksie te neem.”
Die Moorreesburg Sakekamer sê hul doel is:
“Die bemagtiging en groei van plaaslike besighede,
“Die versterking van gemeenskapsbande en
“Die kweek van beleggingsgeleenthede.”

“Moenie ons algemene jaarvergadering op 24 Maart misloop nie. Daar sal ons verder oor die tema gesels.”
Lees gerus meer op hul webtuiste: https://www.moorreesburgsakekamer.co.za/theme-2025/