Swartland en Hugenote vier 51 j van Interskole
Mnr. Adriaan H. Stander (Boef) was die hoof van Hoërskool Swartland.
Daar was drie matriekklasse.
1975.
dié courant het by Marie Dumas Jennings, wat toe in matriek was, gaan kuier.

Sy was ses maande oud toe haar ouers en twee ouer sibbe van Paternoster na Malmesbury verhuis het en het tot matriek hier skoolgegaan.
Haar moeder is onlangs oorlede.
Die hoofmeisie van 1975 was Amor Potgieter (nou Smit) en die hoofseun was Chris Steyn.
Dit was die jaar toe die eerste Interskole teen Hugenote hier by Hoërskool Swartland plaasgevind het.

Onder die onderwysers was mnre. Dennis Fick en Carel van der Merwe (Baloog) en me. Lizelle Basson.
Dit is vandeesweek winterinterskoleweek en 50 jaar sedert daardie eerste Interskole.
Die kragmetings vind vanjaar weer op Malmesbury plaas.
Marie sê hulle het destyds voor die skool hokkie gespeel het.
“Ons het as kinders self die gras geplant vir daardie veld.”

Die tennisbane was aan die linkerkant (waar die nuwe hoë prestasie-sentrum tans gebou word) en die netbalbane was aan die regterkant.
Onder haar matriekmaats van 1975 tel André van der Merwe, Johan Vlok, Heléne Louw (nou Nel), Chidley Loedolff, Paul de Kock, Nakkie Bester, Paul Truter, Marina Jordaan, Albert Booysen, Hannes Laubscher, Karin Rix en Iza Kriel.
Marie vertel die rugbyspanne het almal gewen tot hulle by die eerste span se wedstryd gekom het.
Daar het Swartland ongelukkig met ‘n skamele een punt die knie gebuig.
(sien koerantknipsel)

Die 1975-matrieks hou aanstaande maand hul 50 jaar-reünie.
Hier is ‘n paar foto’s van daardie jaar.






