Agri/BusinessLatest

Geskatte koringoes nou 54 450 ton minder

Die geskatte koringoes vir vanjaar in die Wes-Kaap word tans op 1,053 miljoen ton gestel, nadat die oes ‘n maand gelede nog op 1,107 miljoen ton geskat is. Die Wes-Kaap se finale koringoes van verlede jaar was 1,067 miljoen ton.
Die jongste raming vir die provinsie verteenwoordig 51,7% van die geskatte nasionale oes.
Dié syfers is vandag deur die Nasionale Oesskattingskomitee uitgereik.

Daar word tans geraam dat daar 363 000ha koring in die provinsie aangeplant is – 70% van die nasionale syfer.
Volgens die raming is daar vanjaar 517 300 ha koring in die land aangeplant. Dit is 12 000 ha meer as die 505 300 ha van 2024.
Die nasionale oes word tans op 2,034 miljoen ton geskat – 104 380 ton meer as die finale produksie van 1,93 miljoen ton van verlede jaar.

Die verwagte nasionale kanola-oes is nou 311 640 ton – 2,63% of 8 403 ton minder is as die vorige maand se oesskatting van 320 043 ton. Die finale oes van 2024 was 290 400 ton.
Daar is na raming 174 515 ha onder kanola (teenoor 165 750 ha in 2024) en die verwagte gemiddelde opbrengs is 1,79 t/ha.
Ten opsigte van gars word die produksie tans op 346 430 ton geskat – 25 820 ton minder as die finale produksie van 372 250 ton van 2024. Daar is na raming 96 950 ha onder gars met ‘n verwagte gemiddelde opbrengs 3,57 t/ha.

Leave a Reply

error: Content is protected !!