Sports

Tydrentyd in die Swartland

Die Wes-Kaap se 2025 tydrenkampioenskap eindig dié naweek met die Riebeekvallei-tydren wat Saterdag beslis word.
Die dienspark vir al die skofte is by die Hermitake Winery, Deli & Bistro (voorheen die Du Vlei Farmstall) by Hermon en die prysuitdeling vind ook daar plaas.

Die ses skofte strek oor ‘n totale afstand van 80,62km.
Daar is drie toeskouerpunte:
A: by 33°18’01.4″S 18°53’00.0″E vir skofte drie en vyf
B: by 33°19’31.2″S 18°54’21.1″E vir skofte vier en ses asook
C: by 33°17’26.3″S 18°55’21.9″E vir skofte vier en ses

Hier is die beskikbare lys van die 24 deelnemende spanne):
Warren Scholtz en David Stigling in hul Subaru Impreza WRX 2000cc (Nommer 444) – (Klas WC1)
Keenan Sassman en Randall Marais in hul Subaru Impreza WRX 2000cc (Nommer 413) – (Klas WC1)
Owen Jones en Aden Bredekamp in hul Subaru Impreza WRX STI (Nommer454 ) – (Klas WC1)
Ismaeel Davids en Yusuf Ganief in hul Toyota (Nommer 431) – (Klas WC1)
Shaheen Amlay en Ibrahim Amlay in hul Subaru GC8 (Nommer 402) – (Klas WC1)
Shawn Jones en Jason Thorpe in hul Subaru Impreza (Nommer 424) – (Klas WC1)
Gareth Vernon en Marius Rudolph in hul BMW E36 2500cc (Nommer 459) – (Klas WC2)
Inus Du Plessis en Piet Carinus in hul BMW E36 3300cc (Nommer 461) – (Klas WC2)
Werner Koekemoer en Leané Koekemoer in hul BMW E36 3000cc (Nommer 474) – (Klas WC2)
Clinton Sassman en maat in hul BMW E36 330i (Nommer 427) – (Klas WC2)
Jacques du Plesses en Adriaan Van Zyl in hul Toyota Conquest 1800 (Nommer 456) – (Klas WC3)
Danie Van Niekerk en Franco Zwanepoel in hul BMW 130i M (Nommer 490) – (Klas WC2)
Justin Engle en Ryan Pey in hul Toyota Corolla 1666cc (Nommer 445) – (Klas WC3)
Trevor Hodges en Ian Thebus in hul VW Polo 9N3 2000cc (Nommer 421) – (Klas WC3)
Rupert van Zyl en TBA in hul VW Polo Playa 2000cc (Nommer 405) – (Klas WC3)
Dane Sasman en Logan Hodges in hul VW Golf MK3 2000cc (Nommer 481) – (Klas WC3)
Faizel Davids en Terry Croy in hul Toyota Corolla 1666cc (Nommer 422)- (Klas WC3)
Piet Steyn en Leone Steyn in hul Ford Escort 2000cc (Nommer 11) – (Klas WC3)
Erin Joshua en Leroy Petersen in hul Toyota Conquest 1666cc (Nommer 462) – (Klas WC3)

Leave a Reply

error: Content is protected !!