Jeug wys slag op Moorreesburg
Die Swartland Jeugskou op Moorreesburg het vanjaar weer talle deelnemers in die onderskeie kategorieë gelok. Dié skou is aangebied onder die vaandel van die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging en is ‘n WP-kwalifiserende streekskou.

Die jong deelnemers het mekaar vanjaar die stryd aangesê in die volgende skoumanklasse: Jong Afslaers, Kulinêre Kuns, Suiwelbereiding, Pluimvee, Konyne, Wedvlug duiwe, Sierduiwe, Fotografie (Kamera) en Fotografie (Selfoon).
Onder die skole wat op die Jeugskou verteenwoordig was, tel Laerskool Dirkie Uys, Hoërskool Swartland, Augsburg Landbougimnasium, Boland Landbouskool, Hoërskool Bredasdorp, Laerskool Slot van die Paarl en Hoër Meisieskool Paarl.

Hier is die volledige uitslae.


