Nuwe wenner, klas in Swartlandskou se karkaskompetisie
Die kampioenkarkas op die Swartlandskou se jaarlikse slaglamkompetisie is vanjaar ingeskryf deur Bernard Eksteen van GW Boerdery. Dit is die eerste keer wat Eksteen dié kompetisie op die skou wen.

Sy kampioenkarkas van 21,1kg is op die veiling vir R21 000 aan Jannie Nelson van Busy Corner Meat Wholesalers/Wespin Abattoir verkoop.
Die slaglamkompetisie het vanjaar ‘n nuwe afdeling vir veldlammers ingesluit.
In dié afdeling het Johan en Ben Mostert van Oranjeskraal die wenkarkas ingeskryf. Hul lam (20,4kg) se punte was ook die tweede hoogste in die algehele kompetisie en het die titel as algehele reserwekampioen ingepalm.
Vredesig Boerdery (Johnny Forbes) het algeheel die derde plek verower.

In die afdeling vir veldlamkarkasse het Schoongezicht Boerdery tweede geëindig en Eikeboom in die derde plek.





