Ná 38 jaar op die verhoog staan Nataniël bekend as sanger, skrywer, storieverteller en stylikoon met sy asembenemende kostuums. Op Vrydag 28 Maart het inwoners van Piketberg die geleentheid om Nataniël in Concert te ervaar, met hoogtepunte uit sy laaste groot verhoogproduksies en ’n retrospektiewe blik op van die snaaksste stories in Afrikaans en Engels.
Kaartjies beskikbaar by Nataniël in Concert: Piketberg – Seatme