GeneralHoe gemaakLatest

Hoe gemaak met snoei

Ek hoop dat al ons tuiniers geniet die lieflike reëns wat
ons so mildelik hierdie jaar ontvang. Ek glo almal se gemoedstoestand
is baie meer positief, omdat ons damme
mooi voller word.
Maar wintertyd is snoeityd vir ROSE & VRUGTEBOME
en meeste ander bladwisselende bome en struike. Jou
krismisrose en wingerdstokke moet ook deeglik gesnoei
word. Die beste tyd vir wintersnoei is verkieslik middel
JULIE tot middel AUGUSTUS, indien jy in ‘n area woon
waar daar swaar ryp voorkom, moet jy selfs nog later
snoei.
Hoekom snoei ons ? Deur plante te snoei, word nuwe
groei gestimuleer wat plante jonk, ferm en gesond hou.
Plante produseer dan ook beter kwaliteit en kwantiteit
blomme en vrugte. Verder verbeter en beheer dit die
voorkoms, grootte en fatsoen van jou struike en bome.
Wanneer jy jou snoeitake aanpak, sorg dat jy die regte
gereedskap het; jy benodig ‘n ordentlike skerp snoeiskêr,
ook ‘n skerp en goeie snoeisaag en ‘n paar lekker tuinhandskoene
sal veral by rose jou taak aansienlik vergemaklik.
NB-NB-NB: Steriliseer jou snoeigereedskap na elke
vrugteboom of roos wat gesnoei is om te verhoed dat jy
virus en swamsiektes versprei. Hiervoor kan jy gebruik;
kaliumpermanganaat of brandspiritus of dettol.
NOTA
Nuwe en jong hout produseer beter, so probeer dit
behou sover moontlik. Moet nie verwar met wilde- of
waterlote, wat jy geheel en al moet verwyder.
Wanner jy te veel lote en takke op jou plante agterlaat,
gaan daar wel baie vrugte en blomme wees, maar
van ‘n baie swakker kwaliteit en grootte. Sodra jy klaar
gesnoei is, spuit dadelik met KALKSWAWEL (een deel per
tien dele water) om sluimerende swamsiektes en ander
peste te beheer, daar is ook KUMULUS wat gebruik kan
word. Onthou; gebruik kalkswawel slegs op plante sonder
blare (bladwisselende plante).
Wat ook baie belangrik is, is om alle snoeisels, takkies,
blare en los lote te verwyder, om te help met die voorkoming
en verspreiding van siektes.
HOE SNOEI EK ?
Eerstens verwyder jy alle dooie lote en takke, so ook
krom en swak takke.
Oorblywende lote word uitgedun en tot ± een derde
van die oorspronklike lengte teruggeknip.
Swak en minder produktiewe lote word ook verwyder.
NB: Maak seker dat alle snitte ± 5mm bokant ‘n ogie
is wat na buite wys, die snit moet skuins wees na binne,
sodat water kan afloop om infeksie te voorkom. Snoeiwonde
kan verseël word met “tree seal” of “steriseal”.
Hoogstam-rose word ook net soos bosrose gesnoei.
Voorspoed met die snoeitake, dit is nie so moeilik
nie! Indien jy nog twyfel, kom besoek ons by die KWEKERY,
dan kan ons vir u wys hoe dit gedoen word.

Kom kuier gerus vir ons by MALMESBURY KWEKERY. Lekker tuinmaak.
Tuingroete.
George Retief

Leave a Reply

error: Content is protected !!