Agri/BusinessFEATUREDGeneral

WDJ Konstruksie mondig

Junie 2018

Junie 2018 – Die konstruksiemaatskappy WDJ Konstruksie BK in Arcadiastraat op Malmesbury vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar.
Die maatskappy is in 1997 deur Stephen Jackson en Christopher Juul gestig. Jackson en Juul het in 1989 saam bourekenkunde aan die Kaapse Technicon studeer. Hulle het destyds reeds besluit om hulle kennis
en kragte op ‘n latere stadium saam te smelt. Juul het aanvanklik by ‘n ander maatskappy as kontrakbestuurder gewerk. Jackson het na sy studies met sy pa se boumaatskappy, WD Jackson Konstruksie, voortgegaan. In 1996 het die baasbreine agter WDJ Konstruksie besluit om saam die wa deur die drif te trek. WDJ Konstruksie is kort daarna gestig. Hulle het as algemene boukontrakteurs begin, maar in 2000 begin spesialiseer in betonwerke soos strukture, pakstore, wynkelders, beesbehuising, kanaalstelsels, industriële betonvloere, reservoirs en meer. Jackson en Juul wat die bestuur van die maatskappy behartig, maak ten volle staat op hul personeel wat die hart van die besigheid is, met Marlene Niemann as administratiewe hoof, Donavan Janse van Rensburg en Jim November as logistieke bestuurders en Bota Mawande as terreinvoorman vir sy span. WDJ Konstruksie BK het altesaam 30 personeellede in diens. Wat geniet hulle die meeste van die bedryf: Koördinering en organisering. “Ons is dankbaar om vandag te kan sê dat ons deur alle moeilike tye ons besigheid gesond kon bestuur,” voeg die twee vennote by. WDJ Konstruksie bedank hul kliënte vir hul jare lange vertroue in die maatskappy. Hoewel hulle geen uitsonderings maak nie, word die Swartland Groep genoem wat WDJ Konstruksie aan die begin met toegewyde en konstante ondersteuning aangemoedig het. Volgens Jackson glo hulle die sukses van WDJ Konstruksie lê in die neem van regte besluite op die regte tyd en die vermoë om vinnig rigting te verander soos die vraag na aanbod en behoeftes verander. “Die belangrikste besluit was verseker om finansiële dissipline toe te pas om te weet waarop gespandeer moet word.” Hul leuse waarvolgens hulle werk is eenvoudig en dit is: Assets buy luxury. “Belê eers, maak jou bates staan voor jou bates die mooi motor of strandhuis kan finansier. In kort, ‘n bate voorsien passiewe inkomste. Andersom gaan of kan jy verseker probleme verwag.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!