FEATUREDNews

Spaar steeds water vra SM

Die Swartland Munisipaliteit het inwoners gevra om water steeds spaarsamig te gebruik met die warm somermaande wat voorlê.Die vlak van die Voëlvleidam het die afgelope week met ‘n raps minder as ‘n persentasiepunt gedaal.

Dit blyk uit die jongste syfers wat deur die Stad Kaapstad en Departement Waterwese uitgereik is. Beide metings is vandag geneem en verskil ‘n bietjie – die vlak word tans aangedui op 87,3% /87.03%.

Die vlak van verlede week was 88.2%/87,94%. Die huidige vlak is meer as 8% minder as die 96,75% van verlede jaar.

(Grafika: Swartland Munisipaliteit)

Anders as die laer vlak van die Voëlvleidam, is die gesamentlike vlak van die Stad Kaapstad se damme tans bykans 4% hoër as op die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Dit staan nou op 79,7% terwyl dit in 2018 op 75,8% was.In totaal is die watervoorraad in die Bergrivier-, Bo-Steenbras-, Onder-Steenbras-, Theewaterskloof-, Voëlvlei- en Wemmershoekdamme tans op 715 619 megaliter.Daar was ‘n daling van 0.9% sedert verlede week.

Leave a Reply

error: Content is protected !!