SM hou GOP-byeenkomste

Die Swartland Munisipaliteit het inwoners genooi om van Maandag af tot vroeg in Desember hul inlingtingsbyeenkomste oor die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) vir elke wyk by te woon.

Die program (sien tabel hieronder) sluit 14 byeenkomste in waar interaksie-sessies met die gemeenskappe in die Swartland gehou sal word.

“Daar sal geleentheid wees vir vrae en insette oor die belangrikste kwessies wat in die spesifieke gebied/dorp ondervind word.

“Kundige personeel van die munisipaliteit sal by alle vergaderings teenwoordig wees.”

Sien die datums, tye en lokale in die meegaande tabel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!