Du Toit op wêreldspeler-kortlys
Swartlander en oud-leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, Springboklosvoorspeler Pieter-Steph du Toit, is een van ses genomineerdes vir Wêreldrugby se Speler van die Jaar vir 2019.
Vyf lande is op die kortlys vir Wêreldrugby se vyftienman Rugbyspeler van die Jaar wat Sondag 3 November by die 2019 Wêreldrugby-toekennings in die Prince Park Tower in Tokio aangewys word.
Ná ‘n besige jaar vir internasionale rugby wat geëindig het met die Springbokke wat die William Webb-Ellis-trofee vir die 3de keer verower het word die toekennig gedoen aan die speler wat aanhangers oor die hele wêreld opgewonde en geïnspireer het met st spel en prestasies gedurende die jaar.
Die genomineerdes is: Pieter-Steph du Toit (Suid-Afrika), Tom Curry (Engeland), Alun Wyn Jones (Wallis), Cheslin Kolbe (Suid-Afrika), Ardie Savea ( Nieu-Seeland) en Joe Taufete’e (VSA).