'n Kykie in die ParlementFEATUREDNeffens die Voorblad

Jou stem baie meer as strepie by stembus

Swartlander en Lid van die Parlement, asook die DA se skaduminister vir vervoer en hul kiesafdelingshoof vir Bergrivier skryf:

Steun vir elke party bepaal die verkiesingsuitslae oor wie in beheer gaan wees, maar min mense besef dat daardie uitslag van veral provinsiale en nasionale verkiesings vir die hele daaropvolgende vyfjaartermyn feitlik elke dag effek kry met bykans elke sitting. Jou kruisie bepaal nie net ‘n uitslag nie, maar ook stoele en tyd – vir vyf jaar lank – ná jou kruisie by die stemlokaal.
Nadat ‘n verkiesing afgehandel is, soos met die stemming vroeër vanjaar, word die 400 setels in die Nasionale Vergadering (Parlement) toegeken volgens die prestasie van elke party.
Dit het die volgende meegebring ooreenkomstig die uitslae van 8 Mei 2019 waar die “wen-party” 57,5% (ANC) behaal het en die “naaswenner” 20,77% (DA): Die 400 sitplekke in Die Huis (Nasionale Vergadering of Parlement) ook só ingedeel word – met ‘n toedeling aan elke party totdat die 400 verdeel is. Dus ook met die aanvang van hierdie 6de termyn (sedert 1994) en die 27ste Parlement (Nasionale Geskiedenis).
Uit die 400 sitplekke (setels) van Die Huis word daar dan dienooreenkomstig proporsioneel volgens die uitslae toekennings gemaak: 58% = 230: ANC, 22% = 84: DA, ensovoorts, wat meegebring het dat ons 14 partye in hierdie 6e Termyn in Die Huis het – die grootste aantal partye in Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis tot dusver.
Hiervan het 9 partye, 4 en minder lede in Die Huis van 400 lede – ‘n aspek wat die debat oor steun, al dan nie, aan kleiner partye weer beklemtoon. Verkiesing 2019 het die demokratiese platform in Die Huis beslis verbreed met 5 partye wat 10 en meer setels uit 400 behaal het.
Feit is egter dat daar ‘n veertigtal portefeuljekomitees is waarvan almal, in twee oggende (Dinsdag en Woensdag) vergader. Dit beteken dat slegs 3 partye uit 14, die ANC (230), DA (84) en EFF (44) genoeg lede (setels) het om ‘n 100% betrokke rol te speel in al die portefeuljekomitees se werksaamhede.
Die IFP (14) en VF (10) moet dus ten minste vier portefeuljes elk behartig te midde van ‘n gedurige botsing van tye omdat ten minste 20 portefueljevergaderings gelyktydig plaasvind.
Min mense weet dat daardie 58%- en 21%-stemuitslag tussen die regerende en hoofopposisieparty ook die basis-formule word waarvolgens elke komitee saamgestel word.
Nie net dit nie, maar elke debat se tydindeling tussen die huidige 14 partye se speekbeurte word toegedeel volgens daardie stemuitslag.
Die ANC kry dus in die volgende 5 jaar met elke dabat 58% van die totale tyd – in ‘n twee-ure-debat kom dit neer op 1 uur en 9 min spreekbeurt as party. Die party (gewoonlik die hoofsweep) besluit dan wie almal gaan praat en vir hoe lank uit die toegekende totaal. Van die kleiner partye kry dikwels so min as drie minute tyd in een-uur-debatte.
Komitees word op dieselfde proporsionele basis ingedeel met minder en meer lede volgens die stembus-uitslae van een bepaalde dag. Weliswaar op ‘n kleiner skaal, maar op dieselfde manier kry elkeen van die nege provinsiale wetgewers (parlemente) ook hulle beslag en werking.
Jou stem gaan dus baie verder en dra baie meer en langer gewig as wat meeste mense besef.
Verteenwoordiging en deelname is daarom twee kernelemente van demokrasie – aspekte wat ook in regspraak dikwels versoek en gevra word met hofaansoeke. Uitsprake beklemtoon dan ook dikwels hierdie fundamentele grondwetlike beginsels binne die konteks van ‘n demokrasie van (inhoudelike) substansie.
Stembusdeelname is daarom baie belangrik en sonder twyfel dra jou stem gewig, baie meer en baie langer as wat ons besef as die kruisie gevra word. Stembusdeelname het afgeneem van 89% in 1999 tot 66% 2019 met Limpopo (56%) as die laagste en Gauteng (68%) as die hoogste – Weskaap (66%).
Historiese besluite wat op hul beurt invloed uitgeoefen het op parlementêre setels, samestelling en besluitneming in Suid-Afrika sluit in:
• Sedert 1930 kon blanke vroue stem, asook dien as senator en LP op dieselfde basis as blanke mans.
• In 1934 is Die parlement verklaar as “…the sovereign legislative power in and over the Union”.
• In 1937 is swart kiesers geskei van ander rasse. In die destydse Senaat is hulle verteenwoordig deur 4 verkose senatore (2 van die Kaap, 1 Natal, 1 Vrystaat en Transvaal) en in die Huis van Vergadering deur 3 “native representative” LP’s – verkies uit aparte swart kiesafdelings
• In 1950 is blanke kiesers in die huidige Namibia (destyds Suidwes-Afrika) verteenwoordig deur 4 senatore en 6 LP’s.
• In 1957 is “kleurling”-kiesers geskei van blankes in die Senaat en apart verteenwoordig deur senatore in die Senaat en in die Huis van Verteenwoordigers deur LP’s verkies op ‘n rasse-grondslag in kiesafdelings. Hierdie wysigings het plaasgevind te midde van twee hooggeregshofbeslissings, doelgerigte vergroting van die senaat met pro-aanstellings van addisionele senatore om ‘n twee-derde-meerderheid te verseker en die grondwetlike verandering te laat slaag.
• In 1960 is swart kiesers se stemverteenwoordiging beïndig.
• In dieselfde jaar – 1960 – is die stemgeregtigde ouderdom verlaag van 21 jaar oud tot 18.
• Ook in 1960, in ‘n referendum onder blanke kiesers, is die wysiging goedgekeur, weliswaar met ‘n klein meerderheid; maar ten gunste van die verandering van Suid-Afrika van: “…a Realm or Dominion of the British Commonwealth to a Republic”.
Jou stem tel baie meer en langer as die strepie by die stembus.

Leave a Reply

error: Content is protected !!