LatestOns Mense

Dié babas maak ‘n ‘hartsverskil’

Hy het gereageer op ‘n noodoproep en toe hy by die toe voertuig kom en die baba op die agtersitplek sien, nie gehuiwer om die ruit stukkend te slaan en die baba te red nie.
Hy het vertel dat hy effe paniekerig was voor hy toe uitvind dit is ‘n lewensgetroue pop, het die polisieman vertel.
Die pop genaamd Ainsley was een van die eienaar in New Hampshire se popversameling om haar te help om die dood van haar seun te verwerk.
Sý het ook sulke kliënte, vertel Menitza Zandberg aan dié courant.
Sy vertel van die tydsame proses om ‘n unieke pop sorgvuldig tot geboortesertifikaatstadium te bring.


Die mark bestaan uit hoofsaaklik twee soorte kliënte die versamelaars en diegene wat ‘n emosionele leemte wil vul. Omdat die poppe so lewensgetrou is, word dit baie maklik om ‘n sterk emosionele band te skep vir terapeutiese doeleindes.
“Dit word ook as terapie gebruik vir dimensie en alzheimer-pasiënte wat vir ure met hul poppe kan praat en uiting kan gee aan emosie. Dit verbeter dikwels weer spraak, en kommunikasie en fokus en kan ook die pasiënt rustig en kalm maak.”
Die skepping van nog ‘n unieke pop begin – ‘n pop wat later so na as moontlik aan ‘n regte baba sal wees – gewig, met sagte lyfie en ‘n koppie wat jy ook moet ondersteun.

James

“Dit is hartsgoed hierdie. Om iemand te help om iets te verwerk. Om vertroosting te help bring of om terapie te wees.”
Een so ‘n kliënt se seun het as ‘n volwassene hand aan eie lewe geslaan en sy het ‘n babafototjie gestuur.
“Gevra of ek vir haar so ‘n pop sal maak.
“Dan begin die proses. Jy kies die regte beginstel. Die een met die regte gesigvorm en regte oogvorm, regte neusie en regte mondjie. Later die regte haartjies as daar haartjies is.”
Teen haar muur hang rye pakkies met realistiese oë – allerhande vorms, groottes en kleure om van te kies. Daardie klomp ‘kykende’ oë stuur ‘n ligte rilling in die uwe se ruggraat af. Op die rakke langsaan lê tientalle beginstelle – kompleet met koppe, arms, bene, babavoetjies en babahandjies – almal verskillend – grade van oop of toe. Nóg ‘n ligte krieweling in die ruggraat. Só realisties. Alles ingevoer.
“Hierdie is ‘n baie duur stokperdjie. Veral as jy als reg wil doen vir die standaard om aan die vereistes vir ‘n versamelitem te voldoen,” vertel Zandberg wat al twee jaar op Malmesbury woon.
“Die poppe is vir volwassenes bedoel.”
Een so ‘n pop is al vir $22 600 op die internet verkoop.

Dan volg nog ‘n laag en nog ‘n laag. Op die ou end word die blou aartjies ingeverf en ook die realistiese kleure op die voetjies en arms en hande.
Maar nie voor die inworteling van die hare nie.
Sy vertel, en laat my dink aan ‘elke haar op jou hoof is getel’. Want die regte manier is met die regte naald wat “nie meer as twee haartjies op ‘n keer” sorgvuldig in die kop inplant nie.
Dit is “regte egte mohair wat gekleur is. Nie plastiek nie. Haartjie vir haartjie word ingeplant. Dit neem so 10 ure vir ‘n klein koppie.”
Zandberg gebruik deesdae ‘n plaaslike vervaardiger vir die laplyfies wat ook verskil na gelang van die lengte van die arms en bene.
Die lyfies word gevul met spesiale glas- en plastiekkrale om die realistiese gewig vir die babapop te kry.

Menitza Zandberg

Elke pop het ook ‘n naam. ‘n Volledige geboortesertifikaat met al die besonderhede – van gewig tot op die minuut “wanner die laaste cable tie vir die nekkie vasgetrek word – die geboorte”.
Sy bly tydens die maakproses deurlopend in kontak met die kliënt om hul op hoogte te hou met die vordering.
Soos al die ander, het sy ook dié pop vir haar kliënt sorgvuldig verpak knus in ‘n babakombersie, “dummy”, en als.

Drie weke, vertel Zandberg , neem dit tot geboorte.
Op elke vinielledemaat en die kop kom daar ten minste 8 lae vleeskleurige verf met verskillende ondertone – soms twee of drie keer soveel – wat met verskillende tegnieke vir verskillende effekte aangewend word. Elke laag moet gebak word. Sorgvuldig vir agt minute per laag teen die regte temperatuur – 130 grade. Daarvoor gebruik sy ronde konveksieoondjies met ekstra termometers. “Jy moet bystaan, want as die temperatuur verkeerd gaan, kan dit smelt en het jy baie groot skade.”

Toe daardie kliënt bel om te sê sy hou nou die pop vas, kon sy nie verder praat nie. Dit was te emosioneel. Sy het gesê sy sal maar liewer die boodskap tik.
“Dit is vir my wonderlik om só ‘n hartsverskil in mense se lewens te kan maak.”
Een pop lei dikwels tot die volgende een en so bou sy en haar kliënte ‘n band.
Zandberg sê haar dogter het destyds matriek geskryf en omdat almal van die sogenaamde leë-nes-sindroom gepraat het, het sy haar eerste popstel aangeskaf.

Die gogga het gebyt en die een na die ander het gevolg.
Toe begin maak sy hulle op bestelling en daar was later ‘n waglys van meer as ‘n jaar. Dit was maar stresvol.
Intussen het sy navorsing gedoen oor beskikbaarheid en begin toe ‘n aanlyn-winkel vir dié poppe.
Vandag hou die winkel haar so besig, sy kom nie meer daarby uit om by poppe op bestelling te kan maak nie.

https://www.facebook.com/Reborn-Supplies-1382184622112225/

Zandberg bied ook driedag-werkswinkels aan in die maak van dié versamelpoppe.

Leave a Reply

error: Content is protected !!