Entertainment

Vlok vat voor by fotografieklub

Op die Swartland Fotografieklub se maandvergadering is ‘n foto van Herman Olivier, Time, as die senior wenner en aandwenner aangewys.
In die junior afdeling het Chantal Pieters van Moorreesburg die beste foto vir die aand, Vlugteling, ingeskryf.
Die foto’s is deur die deurwinterde en bekroonde fotograaf Antenie Carstens beoordeel.
Die tema vir die maand was Emosie en die wenfoto in dié afdeling, Heatless Stare, is deur Johan Viljoen geneem. In die afdeling vir gedrukte foto’s is ‘n werk van Johan Viljoen, Op ‘n Stasie, as wenner aangewys.
Die klub het ook sy algemene jaarvergadering gehou en die nuwe dagbestuur verkies.

Heatless Stare deur Johan Viljoen

Adriaan Vlok van Malmesbury is die klub se nuwe voorsitter, terwyl Sanet van Niekerk van Piketberg en Pieter Swart van Malmesbury onderskeidelik as sekretaris en tesourier herkies is.
Die ander portefeuljes sal deur die nuwe dagbestuur toegeken word.
Een van die klub se oud-voorsitters en ook bekroonde meesterfotograaf Peter Hardcastle het onlangs ‘n gesogte internasionale toekenning ontvang toe die Fédération Internationale de l’Art Photographique (FIAP) ‘n “Artist FIAP” aan hom toegeken word.
Dit word toegeken aan fotografiese kunstenaars wie hulself onderskei in hul artistieke kwaliteite, tegniek en produksie van werk deur hul mate van sukses in internasionale salonne onder FIAP-akkreditasie.
Om vir dié toekenning in aanmerking te kom, moes die fotograaf al minstens 40 internasionale aanvaardings in salonne met FIAP-akkreditasie met 15 verskillende werke in agt verskillende lande behaal het.
Minstens 10% daarvan moes met afdrukke wees, en nie slegs digitaal nie.
‘n Portefeule met werke waarvan elkeen minstens deur drie internasionale FIAP-salonne aanvaar is, word dan in oorleg met ‘n fotograaf se land se nasionale fotografieliggaam voorgelê vir dié uitsonderlike toekenning.

Leave a Reply

error: Content is protected !!