What’s On dié naweek
Dit is weer ‘n naweek propvol aktiwiteite en vermaak in die streek.
Dié !Khwa ttu San-erfenissentrum se Vrydagaand Sundowners is baie gewild in die feestyd en vind weer vanaand plaas. Dit is ‘n moet-ervaring met asemrowende vistas en sonsondergange gepaar met goeie kos en wyn vanaf die spesiale Boma. Besprekings is noodsaaklik.
Vanaand is dit Riebeek-Kasteel se gewilde First Fridays met volop spesiale aanbiedinge.
The Gallery het ook ‘n spesiale projek waar hulle saamspan met plaaslike kunstenaars om geld in te samel vir liefdadigheid. Moenie hierdie geleentheid mis om werk van ‘n plaaslike kunstenaar teen ‘n baie spesiale prys te bekom nie. Alle kunswerke kos R1 000 of minder. Die opbrengs word verdeel in 50% aan die kunstenaar, 25% aan Riebeek Animal Welfare en 25% aan The Olive Branch Project.
Die deure open om 17:00.
Die gewilde Suid-Afrikaanse sanger Gian Groen tree vanaand (18:30 vir 19:00) op Malmesbury by die Swartland Straatmark (Bill & Co) by Pleinstraat 1 op.
Op Yzerfontein tree Glyn Lewis vanaand by Meeurots Restaurant op.
Op Gouda tree Saarkie vanaand in die Upstairs Teater van die Gouda Hotel op.
Moet nie van die weeklikse Malmesbury en Yzerfontein Parkruns oor 5km wat Saterdagoggende om 08:00 plaasvind, vergeet nie.
Op Malmesbury het die roeterekord vir mans Saterdag gespat toe Bokomoso Thelejana dit in 17:43 afgeblits het. Die roeterekord vir vroue word gehou deur Marion Serfontein (21:12)
Yzerfontein se Parkrun word by Windhoek-plaas op die R315 gehou. Die roeterekords word gehou deur (mans) William Robinson (18:51) en (vroue) Marion Serfontein (23:13)
Deelname is gratis.
Die maandelikse Swartland Fresh Market vind môre van 10:00 tot 14:00 plaas by Pleinstraat 1, Malmesbury.
Op Riebeek-Kasteel word The Riebeek Valley Village Market ook môre gehou
Die mark word op die nuwe perseel langs Kasteel Motors gehou en duur van 09:00 tot 14:00.
Môreaand tree Glyn Lewis by Yzervark Bistro by Yzerfontein op en Sondag is hy by Lula’s Restaurant.