Karwenner het ‘nog nooit iets gewen nie’

Die gelukkige wenner van die Toyota Etios 1.5 Sprint HB wat in ‘n kompetisie van die Hoërskool Swartland uitgeloot is, sê hy het nooit in sy lewe iets gewen nie.
Gert Theunis Krüger sê aan dié courant “Dit is net genade.”

In die kompetisie ten bate van die HSS-koor se beplande toer na Pole later vanjaar, is daar in samewerking met Malmesbury Toyota ‘n beperkte aantal lootjiekaartjies teen R350 verkoop.
Krüger sê dit was wonderlik om te hoor sy naam is Vrydagaand tydens die koor se Langtafe-ete getrek.

Die koorleier, Anna-Mare van Staden, oohandig die motor se sleutels aan Theoné Kruger, wie se pa, Theunis, dié motor gewen het.

Hy woon noord van Pretoria en kom later die week na die Swartland.
“Ek gaan die kar maar vir my kinders gee om mee te ry,” voeg hy by.
Hy het R8000 se kaartjies gekoop omdat sy dogter, Theoné, ook in die koor sing en dit deel van die fondsinsameling is. Krüger sê dit is beslis die beste R8000 wat hy nog spandeer het.

One thought on “Karwenner het ‘nog nooit iets gewen nie’

  • March 3, 2020 at 5:43 pm
    Permalink

    Dag se waar kan ons die fotos kry van die funksie langtafel wat u geneem het vrydag aand ASB

Leave a Reply

error: Content is protected !!