Malmesbury Toutrek berei voor vir SA-byeenkoms
Die Malmesbury Toutrekklub het die afgelope naweek aan die WP/Wynland-kampioenskappe by Westcliff deelgeneem en in verskeie plaatkompetisies eerste plekke behaal.
Dié deelname was ter voorbereiding vir die Suid Afrikaanse Kampioenskappe wat die 13de en 14de Maart by HTS Drostdy op Worcester plaasvind.
Die spanne van Malmesbury wat Saterdag eerste plekke behaal het, was die 280kg-,320kg-, 360kg- en 400kg-spanne.