Swartlandse broer en suster maak tydrendebuut saam
Dit is vroeg in die jaar en die Wes-Kaapse tydrenkampioenskapsreeks skop Saterdag af met die jaarlikse Darling wedren.
Aanvanklike inskrywings was traag maar daar kan ‘n paar laatinskrywings verwag word soos die spanne die finale voorbereiding van hul voertuie voltooi.
Die verdedigende kampioene, Llewellyn Jones en Christophé Pichon, sal die seisoen Saterdag in die Swartland op ‘n hoë noot wil afskop in hul S5 Subaru Impreza STi Turbo 2.0 4×4.

Die Swartlandse broer en susterpaar Juneyed Edas en Reyanah Edas maak Saterdag hul debuut saam in hul S3 Toyota Tazz 1.6i, ‘n motor waarmee Tjaart van der Walt voorheen gejaag het.
Hul pa, Cobus Edas, moet ongelukkig hierdie ronde as toeskouer gae slaan terwyl hy vir ‘n onderdeel vir sy voertuig wag. Reyanah was verlede jaar navigator saam met pa Cobus agter die stuur van sy S3 Toyota Corolla RXi 1.6 .

Onder die ander inskrywings om Saterdag mee rekening te hou, is die ervare John Peiser en sy navigatorseun Weston Peiser in hul S5 Subaru Impreza GT 2.0 Turbo 4×4.
Ook Shaun Jones en Jason Thorpe in nóg ‘n S5 Subaru Impreza STi 2.0 Turbo 4×4 sal vir die podium mik.
Hierdie spanne sal egter ‘n fout begaan as hulle die res van die veld onderskat.
Onde die vroeë inskrywings tel ook
Charl Strydom en Sakkie Bosman (S4 VW Polo Playa 2.0 20v),
Winston Neethling en Randall Marais(S5 Nissan Sentra 2.0 4×4),
Piet Bakkes en Shaun Visser (S3 Volkswagen Golf MkI 2.0 8v),
Paul van Wyk en Tania Vermaak (S3 Volkswagen Golf MkI 2.0 8v),
Sakkie van Zyl en Henry Köhne (S2 Volkswagen Golf MkI 1.6),
Matt Köhler en ‘n navigator (S2 Volkswagen Golf MkI 1.4i),
verdedigende S2-kampioene, Gareth en Gillian Vernon (S2 Volkswagen Golf MkI 1.4i),
Johann en Petra Zulch (S2 Ford Escort 1600 Sport),
die broers Clint en Lloyd Lingeveldt (S3 Toyota Tazz 1.6),
Erin Joshua en ‘n navigator (S3 Toyota Tazz 1.6i),
Julian Calvert en Nicholas Knights (S3 Volkswagen Golf MkIII GTi 2.0)
Riyaan Amlay en ‘n navigator (S3 Toyota Corolla RXi 1.6i),
Owen Jones en ‘n navigator (S5 Volkswagen Polo 1.6),
Derick Clift en Marius Rudolph (S4 Toyota Hilux 2.0 RWD)
Trevor Hodges en Ian Thebus (S4 Volkswagen Golf MkIII GTi 2.0 16v)
Saterdag se wedren sal bestaan uit vier trajekte van tussen 7km en 18km wat herhaal sal word. Daar is ook 4 toeskouerpunte.
Die tydren begin om 09:30 by die Darling-klub.