Jong Thea laat die atletiekrekords spat
Die blitsvinnige jong Thea Humphreys van Darling Kollege het Saterdag saam met twee opponente op die Boland-kampioenskappe deur die ou Boland-rekordtyd gebars.
Thea het in die Daljosafatstadion in die Paarl met ‘n tyd van 13,33s in die 80m vir meisies 7 jaar haar persoonlike beste tyd verbeter en ook 0,02 sekondes vinniger as die bestaande rekord van 13,35s gehardloop.
Twee van haar opponente het ook die rekord gebreek met 13,23s en 13,27s onderskeidelik. Dié blitstyd het aan Thea die bronsmedalje besorg.
Dié jong spoedvraat van Darling Kollege het vroeër op ‘n driehoekige byeenkoms tussen haar skool, Topolino en die Christelike Privaatskool Malmesbury rekords in beide die 80m en 60m opgestel toe sy dit in onderskeidelik 14,27s en 10,06s afgeblits het.