Só lyk roete, vroeë inskrywings vir Darling-ren
Tydrengeesdriftiges, net soos die deelnemers, is slaggereed vir die Wes-Kaap Kampioenskapsreeks se eers been vir 2020 wat Saterdag in en om Darling beslis word.
Onder die delenemers wat reeds vroeg ingeskryf het vir die afskop van die seisoen, is die Swartlandse broer en suster Juneyed Edas en Reyanah Edas. Dit is hul debuut saam in hul S3 Toyota Tazz 1.6i, ‘n motor waarmee Tjaart van der Walt voorheen gejaag het.
Hier is die toeskouergids, kaart en lys van voorlopige inskrywings vir die tydren.