News

WKDM hou noodsaaklike dienste vol in grendeltyd

Met die Covid 19-pandemie wat Suid-Afrika en die wêreld tans in ‘n wurggreep het, moes talle inderhaas planne beraam om die inperking te hanteer. Terwyl verskeie besighede se vermoë om tydens hierdie moeilike tyd volhoubaar te bly tot die uiterste beproef word, moet essensiële dienste voortgaan om na die belange en behoeftes van mense om te sien.

Die Weskus Distriksmunisipaliteit (WKDM) se rampbestuursentrum is sentraal tot die koördinering van aksies om die verspreiding van die koronavirus in die Weskusstreek te beperk. Oor die laaste paar weke het die munisipaliteit verskeie ondersteuningsprojekte in samewerking met plaaslike munisipaliteite van stapel gestuur.
Alhoewel die munisipale kantore gesluit is volgens regulasies, gaan noodsaaklike dienste by die munisipaliteit ononderbroke voort. Brandweerdienste, waterverskaffing, omgewingsgesondheidsdienste en die instandhouding van paaie is krities om die doelwitte van die inperking te bereik.

WKDM se padwerkers besig om die slaggate op die pad tussen Aurora en Redelinghuys te herstel.

Ná ‘n versoek van die plaaslike polisiediens in Piketberg kon WKDM se paaie-afdeling binne 9 ure die pad tussen Aurora en Redelinghuys herstel,wat die beweging van kritiese dienste na die twee dorpe aansienlik vergemaklik.
Volgens die burgemeester van WKDM, raadsheer Harold Cleophas, is verbindingspaaie krities vir verskeie ekonomiese sektore binne ons streek.
“Algemene instandhouding, soos die opvul van slaggate, skep ‘n veilige ryoppervlak en verlaag die moontlikheid van ongelukke,” het hy gesê.
Hy het ook die uitvoerende bestuur sowel as alle essensiële werkers bedank vir hul bydrae gedurende hierdie kritiese tyd.

Leave a Reply

error: Content is protected !!