General

Swartland Fotoklub hou eerste virtuele byeenkoms

Die Swartland Fotografieklub het gisteraand sy eerste virtuele klubbyeenkoms gehou met Lynne Kruger-Haye as beoordelaar.
Die byeenkoms is op die Starleaf-platform gehou waar foto’s aanlyn vertoon kon word terwyl Kruger-Haye dit beoordeel het.

Dié nuwe aanwending van tegnologie skep nou die geleentheid dat lede van die klub wat ver woon en ook die publiek kan inskakel om deel te neem aan klubbyeenkomste.

On the Rocks © Herman Olivier

Die wenfoto van die aand, On the Rocks, is deur Herman Olivier geneem. Dit was ook die senior wenner.

Sharp Object – © Chantal Pieters

In die junior afdeling was daar vier foto’s met dieselfde punte.
Die tema van die aand was “Minimalisties” en Chantal Pieters van Moorreesburg het die afdeling asook die junior afdeling gewen met haar foto Sharp object.

Swiss – © Adriaan Vlok

In die nuwe afdeling vir selfoonfoto’s het Adriaan Vlok met sy inskrywing Swiss gewen.

Leave a Reply

error: Content is protected !!