LatestUncategorized

Agri SA, Wes-Kaap versprei vars vrugte en groente

Agri SA in vennootskap met Agri Wes-Kaap laai vanoggend kartonne vol vars vrugte en groente af in Darling, Mamre, Atlantis en Yzerfontein as skenkings aan behoeftige huishoudings in dié gemeenskappe.

Dr. Christo van der Rheede, adjunk-uitvoerende direkteur van Agri SA, het met dié courant gesels toe hulle van die skenkings afgelaai het by die eeue oue historiese kerkgebou in Mamre.

Dit word deur die kerkraadslede versprei na diehuishoudings. Die kerk bestuur drie sopkombuise in die omgewing. “Ons wil ons opregte waardering oordra aan Laastedrif-boerdery van Ceres vir die skenking. “Ons haal ons hoed af vir alle boere regoor Suid-Afrika wat ons nasie voed en hongersnood verhoed.”

Agri SA het vroeër ‘n beroep gedoen op die landbousektor en die regering om oortollige voedsel aan arm gemeenskappe te skenk.

Daar word vanoggend 500 vars vrugte- en groentepakkies in dié gemeenskappe versprei asdeel van Agri SA se surplusvoedselveldtog.Agri SA het ‘n beroep gedoen op die regering om ‘n nasionale COVID 19-voedselhulpskema in samewerking met landboubesighede en kleinhandelaars van stapel te stuur.

Posted by dié courant on Saturday, 18 April 2020

“Dit kan gedoen word deur met die landbousektor saam te werk en die hindernisse vir voedselsekerheid en die landbou-ekonomie aan te spreek.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!