Kunsnaweek op Riebeek afgesluit
‘n Propvol First Fridays kuns- en vermaaknaweek op Riebeek-Kasteel is gister afgesluit met ‘n uur van poësie in die Rata (Royal Arts Town-amfiteater) gevolg deur die opening van die What on Earth-kunsuitstalling.

By RK Contemporary op Riebeek-Kasteel is die eerste amptelike opening van ‘n kunsuitstalling sedert die begin van Covid-inperkings gehou.
Die uitstalling What on Earth is dié van werke deur beeldhouers en visuele kunstenaars Wilma Cruise en Katja Abbott en het diere as tema.
https://www.facebook.com/groups/2351854318458801/permalink/2637172709926959/

Diere en die interaksie tussen mens en dier staan sentraal in beide hierdie top-kunstenaars se kuns en die opening het gister saamgeval met Wêreld Dierewelsyndag.

What on Earth is deur kunskenner en versamelaar Pieter Swart geopen en duur tot 1 November.